|
Woensdag, 09 April 2008 |
|
Zimbabwiërs is besig om Suid-Afrika binne te stroom en die departement van binnelandse sake kan dit nie hanteer nie, het Joyce Dube van die Zimbabwiese Solidariteitsforum op 'n perskonferensie in Johannesburg gesê. "Hulle wend hulle tot misdaad, en die stelsel laat hulle toe. As hulle gevang word, koop hulle die polisie om. Hulle word nooit gestraf nie. Mbeki beskerm Mugabe as 'n vriend, en die lede van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap doen dieselfde. Hulle moet sanksies teen Zimbabwe toepas, en 'n lid wat die reëls verontagsaam, moet gestraf word," het Dube gesê. Biskop Paul Verryn van die Methodiste Kerk het gesê Zimbabwe is 'n land wat oorlog teen homself verklaar het. Zimbabwiërs kom nie vir inkopies Suid-Afrika toe nie, maar omdat hulle desperaat is.
|