Meningsopname

Is jy ten gunste van genadedood?
 
Is Nuwejaarsvoornemens haalbaar?
 

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Boere blaas onrus aan - Zanu-PF PDF Druk E-pos
Woensdag, 09 April 2008

Pres. Robert Mugabe se regering het die opposisie daarvan beskuldig dat hy die land probeer destabiliseer met sy aansprake op 'n oorwinning in die presidentsverkiesing.

Die minister van justisie, Patrick Chinamasa, het op 'n nuuskonferensie ook gesê wit boere probeer onrus stook en probeer Mugabe se grondhervormingsprogram ontwrig. Hy is een van Mugabe se vertrouelinge.

"Die boere speel met die leeu se stert. Hulle wil die hervormingsplanne in die wiele ry en die land in 'n chaos dompel. Ons sal dit nie toelaat nie," het Chimawasa gesê.

Ongeveer 4 000 wit plase is sedert die begin van die dekade deur die Zimbabwiese regering onteien. Dit het ernstige gevolge vir die landbou en kosvoorsiening veroorsaak. Meer as 60 van die oorblywende wit boere is reeds in die naloop van die verkiesing van hul plase verjaag.

 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET