Meningsopname

Is jy ten gunste van genadedood?
 
Is Nuwejaarsvoornemens haalbaar?
 

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Zim dryf nuwe wig tussen ANC-leiers PDF Druk E-pos
Woensdag, 09 April 2008

Die krisis in Zimbabwe het nou ook deel geword van die tweekamptwis in die ANC. Die Zimbabwiese MDC-opposisie wend hom nou regstreeks tot Jacob Zuma vir hulp. Sommige ANC-lede is ook keelvol vir Mbeki se hantering van die situasie.

Zuma se gesag lê veral in Cosatu se steun aan hom, en sê Mbeki se "wag-en-kyk-houding' is ongelukkig en dat 'n nuwe benadering gevolg moet word. Daar word deur die MDC gesê Mbeki is oneerlik: Hy wil van Mugabe ontslae raak, maar Zanu-PF in die kussings hou.

Die krisis in Zimbabwe gee aan Zuma die geleentheid om sy aansien in die Weste ten koste van Mbeki te verhoog, sou hy ’n bloedlose vrede kon bewerkstellig. Zuma het gister gesê dit is verkeerd om "die nasie en die internasionale gemeenskap in afwagting te hou."

Nuwe berigte uit Zimbabwe lui dat tot 60 wit boere opnuut van hul plase verjaag is en dat die magte van Zanu-PF 'n nuwe terreurveldtog begin het om Mugabe aan bewind te hou. Plaashuise word aan die brand gesteek en vlugtende boere mag niks saamneem nie.

 

 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET