|
Sharks-speler ses weke geskors |
|
|
|
|
Woensdag, 09 April 2008 |
|
Die Sharks se Tongaanse speler, Epi Taioni, se Super14-aksie is verby nadat hy gister ses weke lank geskors is vir sy roekelose kopstamp Saterdag teen die Hurricanes. Hy sit nou sonder 'n kontrak. Die Sharks moes die laaste 16 minute met net 14 spelers klaarkom. Die eindtelling was 13-13. Hulle is steeds tweede op die S14-puntelys. Die Natalse span het die beste verdedigende rekord - hulle het net sewe drieë in eweveel wedstryde afgestaan - maar hul aanvallende spel skiet tekort. Die span het nog net 14 drieë aangeteken teenoor die voorlopers, Crusaders, se 33. Die Lions, onderaan die puntelys, het al 13 drieë behaal.
|