|
Donderdag, 29 Julie 2010 |
Die veiling van Suid-Afrikaanse eiendomme van die Zimbabwiese regering deur die Duitse bankgroep, KFW, is uitgestel.
Dit, totdat die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg 'n beslissing gevel het oor 'n dringende aansoek in dié verband deur die Zimbabwiese regering. Die aansoek wat Maandag voor die hof gebring is, het die verkoop gestuit van drie eiendomme in Kaapstad - een wat Dinsdag sou plaasvind, en die ander op 10 Augustus. Die Duitse bankgroep is die wettige houer van verskeie eise van 'n groep wit boere wat die besetting teenstaan van hulle Zimbabwiese plase. Die KFW-groep identifiseer op die oomblik eiendomme van die Zimabwiese regering wat hy kan laat opveil as vergoeding vir dié eise. |