| Liedjie wat nou speel / pas gespeel het: COCK ROBIN : When Your Heart Is Weak |
| Uitslag in Zimbabwe sloer steeds |
|
|
|
| Dinsdag, 08 April 2008 | |
|
'n Regter van Zimbabwe se hoër hof het beslis dat hy die gesag het om uitspraak te lewer oor 'n petisie waarin die MDC-opposisie versoek dat die uitslag van die onlangse presidentsverkiesing onmiddellik bekend gemaak word. Die regter sal eers vandag besluit hoe dringend die aansoek is. Morgan Tsvangiray, leier van die MDC, maak daarop aanspraak dat hy die presidentsverkiesing teen Robert Mugabe gewen het. Hy sê die verkiesingskommissie probeer om die uitslag so lank as moontlik te vertraag. Die verkiesingskommissie voer aan dat die stemme nog geverifieer word, terwyl Zanu-PF se aandrang op 'n hertelling ook sake vertraag. Die verkiesing is tien dae gelede gehou. |
| < Vorige | Volgende > |
|---|











