|
Nigerië stil oor FIFA ultimatum |
|
|
|
|
Maandag, 05 Julie 2010 |
|
Nigerië het nog nie gereageer op Fifa se ultimatum om sy besluit om die nasionale sokkerspan te verbied om vir twee jaar aan internasionale wedstryde deel te neem, te hersien nie.
Nigerië het tot vanaand tyd om dit te doen. Fifa se sekretaris-generaal Jerome Valcke sê indien die Nigeriese regering nie reageer nie, sal dié land uit Fifa geskors word. Die Nigeriese regering het die Super Eagles vir twee jaar uit internasionale wedstryde geskors weens hulle swak vertoning tydens die Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika waar hulle nie een groepwedstryd kon wen nie. |