|
Vrees vir volksmoord in Irak |
|
|
|
|
Maandag, 07 April 2008 |
|
Amerika is niks nader aan die bereiking van sy doelwitte met Irak nie, maar 'n vinnige militêre onttrekking kan tot grootskaalse chaos en volksmoord lei, luidens 'n verslag wat 'n Amerikaanse groep uitgereik het. Die verslag is bekend gemaak twee dae voordat 'n besluit oor die onttrekking van troepe gemaak moet word. Die verslag beveel aan dat die VSA op die verbetering van die politieke en ekonomiese ontwikkeling moet fokus as hy sy troepe wil verminder. 'n Onvoorwaardelike onttrekking aan Irak sal ook gepaard moet gaan met 'n verhoogde Amerikaanse militêre teenwoordigheid in buurlande. Sulke magte moet gereed wees om in te gryp as 'n groot krisis in Irak uitbreek. Die VSA moet hom ook toespits op die bou van alliansies in die streek.
|