|
Vrydag, 25 Junie 2010 |
Die saak van sameswering om terreur te pleeg teen vyf vermeende regsgesindes is in die landdroshof op Phalaborwa in Limpopo tot 12 Augustus uitgestel.
Die 21-jarige Georges Kiratzidis, 20-jarige Martinus Vorster, 36-jarige Francois Vos, 22-jarige Ruan Louw en 21-jarige André Stroh is in April in hegtenis geneem. Daar is na bewering onwettige vuurwapens, ammunisie en plofstof in hulle besit gekry. Die verdagtes hoef volgens nuwe borgtogvoorwaardes slegs een keer per week by die polisie aan te meld. Hulle mag egter nie die landdrosdistrik verlaat nie. |