|
Dinsdag, 15 Junie 2010 |
|
Drie Wêreldbeker-sokkerwedstryde word vandag beslis met die grootste belangstelling in die kragmeting tussen die gunstelingspan van honderde duisende ondersteuners, Brasilië, en Noord-Korea.
Die wedstryd begin om half-agt vanaand op Ellispark in Johannesburg. Brasilië het al die trofee vyf keer gewen – meer as enige ander land – terwyl dit Noord-Korea se eerste Wêreldbekertoernooi in meer as 40 jaar is. In die eerste wedstryd vandag om half-een kom Nieu-Seeland en Slowakye in die Royal Bafokeng-stadion in Rustenburg teen mekaar te staan en om drieuur vanmiddag meet Portugal en die Ivoorkus kragte in Port Elizabeth. |