|
Mandela liries oor 2010 terwyl sokkergees Suid-Afrika beetpak |
|
|
|
|
Donderdag, 10 Junie 2010 |
|
Oud-president Nelson Mandela sê die Wêreldbeker-sokkertoernooi is een van die grootste geleenthede in Afrika se geskiedenis.Die 91-jarige Mandela sê in 'n brief aan Fifa die toernooi is meer as net 'n spel.
Dit is simbolies aan die mag van sokker om mense van regoor die wêreld,ondanks taal, velkleur, politieke of geloofsoortuigings bymekaar te bring.President Jacob Zuma het die brief gister by Fifa se kongres in Johannesburg voorgelees. Zuma het by die geleentheid gesê Suid-Afrika het die Wêreldbeker nodig gehad en die toernooi is ‘n eer en ‘n voorreg vir die demokrasie van 16 jaar.Hy sê dit is ook ‘n mosie van vertroue van die internasionale gemeenskap in Suid-Afrika. Die Vrystaatse leier van die Demokratiese Alliansie, Roy Jankielsohn, sê elke Suid-Afrikaner behoort die sokkergees en goedgesindheid wat die land tans ervaar, aan te gryp.Dit beteken egter nie dat staatsamptenare op provinsiale en munisipale vlak vir vyf weke agteroorsit kan sit en vuvuzelas blaas nie. Hy sê in ‘n verklaring dit is nodig dat normale dienste van regeringsdepartemente en munisipaliteite voortgaan. Die departement van Staatsdiens en Openbare Administrasie het gister bekend-gemaak dat amptenare op die dae wat die Bafana Bafana in aksie is, ex gratia-verlof gegun word en drie uur voor die afskop huis toe kan gaan.Dié wedstryde is môre se openingswedstryd teen Mexiko en die een op 22 Junie teen Frankryk. Albei wedstryde begin om vieruur.Woensdag se wedstryd teen Uruguay vind in die aand plaas.Die departement sê in ’n verklaring daar is begrip dat dié sokkerskouspel ’n een keer in ’n leeftyd-geleentheid is.’n Beroep is op werknemers gedoen om nie die verlofvoorwaardes te misbruik nie. |