|
Saterdag, 05 April 2008 |
|
Die Suid-Afrikaanse regering se solidariteit met die Zimbabwiese despoot Robert Mugabe het opnuut geblyk toe Aziz Pahad, die adjunkminister van buitelandse sake, in 'n toespraak voor die diplomatieke korps in Suid-Afrika te velde getrek het teen mediaberigte wat lui dat die verkiesingsuitlsag vertraag word sodat Zanu-PF die eleksie kan "steel" en "dokter". Media24 berig dat Pahad aangevoer het dat die vertraging verband hou met die feit dat 'n gesamentlike verkiesing vir die president, die parlement en die senaat "logistieke probleme" tot gevolg gehad het. Pahad het gesê die internasionale gemeenskap en media moet liewer die Zimbabwiërs ondersteun. liewer as om "die instrumente vir samesweringsteorieë en destabilisering" te wees.
|