|
ESKOM vra hof om staking te keer |
|
|
|
|
Woensdag, 26 Mei 2010 |
|
Eskom het by die Arbeidshof om 'n interdik aansoek gedoen om sy werkers te keer om te begin staak.
Die grootste vakbond by Eskom, die NUM, het gesê hy het met 'n onbeskermde staking begin om die staatsinstelling te dwing om gehoor te gee aan sy eis vir 'n maandelikse behuisingstoelaag van vyfduisend rand. 'n Woordvoerder van die NUM, Lesiba Seshoka, sê terwyl hulle lede in haglike omstandighede woon, leef die grootbase in weelde danksy 'n ruim behuisingstoelaag wat hulle maandeliks ontvang. |