|
Veterane vaar uit teen Morgan Tsvangirai. |
|
|
|
|
Vrydag, 04 April 2008 |
|
Zimbabwe se oorlogsveterane het intussen vandag onderneem om die land se soewereiniteit te verdedig nadat hulle held, Robert Mugabe, ‘n pynlike nederlaag in die algemene verkiesing gely het. Die veterane se leier, Jabulani Sibanda, het op ‘n nuuskonferensie in Harare uitgevaar teen onwettige aansprake deur die opposisie MDC dat Morgan Tsvangirai Saterdag se presidentsverkiesing gewen het. Hy sê die verkiesing word gesien as ‘n manier om weer deur wittes binnegeval te word.
|