|
Zimbabwe word gestriem oor joernaliste. |
|
|
|
|
Vrydag, 04 April 2008 |
|
Daar is negatiewe internasionale reaksie op die inhegtenis neem van buitelandse joernaliste in Zimbabwe.N Pulitzer Prys wenner en bekende joernalis van die New York Times Barry Bearak is in Zimbabwe in aanhouding nadat hy deur die polisie in hegtenis geneem is omdat hy glo in Zimbabwe werk sonder amptelike akreditasie. Bearak het die Pulitzer toekenning in 2002 gekry vir sy werk in Afghanistan. n Ander joernalis is ook in hegtenis geneem tydens ‘n polisieklopjag op ‘n hotel in Harare.Kanada het n beroep op Zimbabwe gedoen om die vryheid van die media te respekteer. Die Jeugkommissie van Zimbabwe het ook skerp gereageer op die jongste verwikkelings in die land. Jeugkommissie woordvoerder Sydney Chisi het die stappe deur die Zimbabwe regering veroordeel.
|