|
Woensdag, 02 April 2008 |
|
Alles dui daarop dat die despotiese bewind van die 84-jarige Robert Mugabe in Zimbabwe tot 'n einde geloop het, hoewel geen amptelike aankodiging nog oor die uitslag van die verkiesing gemaak is nie. Mugabe se militêre leiers is skynbaar op soek na 'n manier waarop hy sy tuig op 'n eerbare manie kan neerlê, terwyl emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het gesê het Mugabe sou as 'n groot leier geëer gewees het as hy tien jaar vroeër uitgetree het. Hy het die hoop uitgespreek dat die oorgang "relatief vreedsaam" sal geskied. AFP berig die jongste aansprake is dat die MDC van Morgan Tsvangirai reeds 105 setels teenoor Zanu-PF se 93 gewen het. Daar is 210 verteenwoordigers in die parlement, waarvan Mugabe 30 mag aanwys sonder dat hulle deur stemgeregtigdes verkies is.
|