|
Morgan Tsvangirai sal later aankondig. |
|
|
|
|
Woensdag, 02 April 2008 |
|
Die Zimbabwiese opposisieleier, Morgan Tsvangirai het bevestig dat hy vandag sal aankondig hoe sy party, die Beweging vir Demokratiese Verandering by die stembus gevaar het. Tsvangirai het op 'n nuuskonferensie in Harare gesê hy is daarvan oortuig dat sy party die verkiesing gewen het. 'n Voortydige aankondiging deur die MDC kan tot gevolg hê dat ‘n noodtoestand in Zimbabwe afgekondig word. Pres. Robert Mugabe het juis vroeër gesê enige voortydige oorwinningsaankondiging sal as 'n staatsgreep beskou word.
|