|
Die Stormers se afrigter, Allister Coetzee, het twee veranderings aan die beginspan aangebring vir Saterdag se Super 14-wedstryd teen die Cheetahs op Nuweland in Kaapstad.
Tim Whitehead vervang die beseerde Juan de Jongh op senter, terwyl die vleuel, Sireli Naqelevuki, 'n ruskans kry en Gio Aplon in sy plek inkom. Die span is Joe Pietersen, Aplon, Jaques Fourie, Whitehead, Bryan Habana, Peter Grant, Dewaldt Duvenage, Duane Vermeulen, Francois Louw, Schalk Burger (kaptein), Andries Bekker, Anton van Zyl, Brok Harris, Tiaan Liebenberg en Wicus Blaauw. Die plaasvervangers is Deon Fourie, JC Kritzinger, De Kock Steenkamp, Pieter Louw, Ricky Januarie, Willem de Waal en Naqelevuki. |