|
Hip-hop -musikant vandag weer in die hof |
|
|
|
|
Woensdag, 17 Maart 2010 |
|
Die hip hop-musikant, Molemo Maarohanye, beter bekend as Jub Jub en sy mede-beskuldigde Themba Tshabalala gaan vandag in die Protea landdroshof in Soweto aansoek om borgtog doen.
Hulle staan tereg op vier aanklagte van moord nadat hulle verlede week glo vier skoolkinders tydens 'n jaagtog doodgery het.Hulle word ook van roekelose of nalatige bestuur en dronkbestuur aangekla.Die Star berig dat die ANC Jeugleier Julius Malema glo Maandag vir Jub Jub in die Johannesburgse gevangenis gaan kuier het. |