|
Woensdag, 17 Maart 2010 |
Die Comrades-vereniging gaan 'n klein verandering aan die uitgangsroete van die Comrades-wedloop aanbring.
Weens die toename in deelnemers vanjaar, is daar tydens 'n vergadering tussen die verkeersowerhede in Pietermaritzburg en die Comrades-roetekomitee ooreengekom om klein verandering aan die uitgangsroete te maak. Dié verandering sal die vloei vir die deelnemers vergemaklik en verseker dat deelnemers vinniger uit die Pietermaritzburgse middestad kom. Die CMA het vanjaar meer as 23-duisend inskrywings vir dié marathon gekry. |