|
Koste van voordele vir Presidentsvroue styg skerp |
|
|
|
|
Woensdag, 17 Maart 2010 |
Die begroting vir president Zuma se staatsvoordele vir sy drie vroue het verlede jaar byna verdubbel en staan nou op meer as vyftien miljoen rand vir 2010.
In die 2008/09 finansiële jaar toe Kgalema Motlanthe vir Thabo Mbeki as president opgevolg het, was dié voordele net meer as agt miljoen rand. Die voordele dek die koste om 'n persoonlike sekretaresse en 'n navorser aan te stel om die president se vroue in projekte wat verband hou met werk van die regering te help. |