|
VSA en Israel betrekkinge nie op laagtepunt-Clinton |
|
|
|
|
Woensdag, 17 Maart 2010 |
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, het berigte verwerp dat Amerikaans-Israelse betrekkinge in 'n krisis verkeer oor Israel se planne om nuwe huise vir Joodse setlaars in die oorwegend Arabiese Oos-Jerusalem te bou.
Sy het gesê die twee lande het steeds noue bande. Clinton het dit egter duidelik gemaak dat die VSA wil hê dat beide Israel en die Palestyne hulle tot vrede moet verbind. Die Amerikaanse gesant, George Mitchell, het vroeër 'n beplande besoek aan Israel weens die land se huisplanne tydelik uitgestel. Intussen het honderde Palestyne gister met Israelse veiligheidsmagte in Oos-Jerusalem gebots uit protes teen die beplande bou van eenduisend-600 huise vir Joodse setlaars in die deel van die stad. 'n Senior Hamas leier het gevra vir 'n nuwe intifada of opstand teen Israel. Minstens sestien Palestyne is tydens die geweldpleging beseer. |