|
Saterdag, 13 Maart 2010 |
Die stryd tussen die Blou Bulle Maatskappy (BBM) en die Bulls Babes duur voort.
Die BBM wou gister 'n dringende tussentydse hofbevel teen die Bulls Babes bekom, maar die saak is met 'n kostebevel teen die BBM van die rol geskrap weens 'n misbruik van hofprosedures. Mediaberigte lui dat die BBM 'n aansoek by regter Bill Prinsloo in die Hooggeregshof in Pretoria teen Jump Sport BK, wat in beheer van die rasieleiers tydens Blou Bul-wedstryde is, ingedien het. Die BBM meen die rasieleiers se gebruik van die naam Bulls Babes en hulle gebruik van die Blou Bulle-embleem is ongemagtig en dat dit sý handelsmerk is. |