|
British Airways staking op pad |
|
|
|
|
Vrydag, 12 Maart 2010 |
Die vakbond wat lede van die kajuitbemanning van British Airways verteenwoordig, sê sy lede sal van 20 Maart af vir drie dae staak en vir nog vier dae van 27 Maart af.
Die Unite-vakbond het ook gewaarsku dat nog stakings ná 14 April kan volg indien daar nie tot 'n vergelyk gekom kan word nie. Ongeveer sewe-duisend-500 kajuitbemanningslede het verlede maand in 'n stemming besluit om oor salarisse en werksomstandighede te staak. British Airways het in sy reaksie gesê hy is uiters teleurgesteld met Unite se aankondiging oor die staking. |