|
Lening broodnodig vir Eskom |
|
|
|
|
Vrydag, 12 Maart 2010 |
Die minister van Openbare Ondernemings, Barbara Hogan, het gewaarsku dat die gevolge baie donker vir die Suid-Afrikaanse ekonomie sal wees indien Eskom nie 'n lening van drie-komma-75 miljard dollar van die Wêreldbank kan verseker nie.
Eskom het die geld nodig om werk aan sy Medupi-kragstasie in Limpopo teen 2013 te voltooi. Hogan sê die steenkool-aangedrewe kragstasie se deurlopende kragverskaffing van vier-duisend-800 megawatt is 'n noodsaaklike vereiste vir die ekonomie om vorentoe te beweeg. Die Wêreldbank sal na verwagting sy besluit teen 8 April bekendmaak. |