Meningsopname

Word jy geraak deur misdaad?
 
Is die winter kouer as gewoonlik?
 

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Winnie sê onderhoud het nooit gebeur nie PDF Druk E-pos
Vrydag, 12 Maart 2010
Winnie Madikizela-Mandela het ontken dat die joernalis Nadira Naipul 'n onderhoud met haar gevoer het vir die London Evening Standard. In die artikel het sy Nelson Mandela, haar gewese man, skerp gekritiseer. Sy het, volgens die berig, gesê Mandela het swart mense in die steek gelaat en ingestem tot 'n swak ooreenkoms vir hulle, aangesien hulle ekonomies steeds aan die kortste ent trek. Madikizela-Mandela het glo ook gesê Suid-Afrika se eerste demokraties verkose president het geen beheer meer oor die ANC nie en dat hy net deur die Nelson Mandela-fonds gebruik word om geld in te samel. Sy het ook teen oud-president FW de Klerk en Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu uitgevaar. Madikizela-Mandela sê in 'n verklaring sy het nie met Naipaul gepraat nie en derhalwe is dit nie vir haar nodig om te reageer op die inhoud van 'n
gefabriseerde onderhoud nie.
 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET