|
Wit belastingbetalers word onregverdig sondebokke gemaak |
|
|
|
|
Vrydag, 12 Maart 2010 |
Die Vryheidsfront Plus sê die ANC het nie die politieke wil om streng teenoor nie-betalers in swart woongebiede op te tree nie, omdat hy bang is hy verloor steun in dié gebiede.
Woordvoerder Conrad Beyers van die Tshwane-metroraad sê in 'n verklaring die ANC teiken eerder wit belastingbetalers, wat getrou belasting betaal, om as verskoning te dien vir hulle swak finansiële bestuur en diensleweringsrekord. Hy het die premier van Gauteng, Nomvula Mokonyane, se vyandige uitsprake teenoor wit belastingbetalers in die Tshwane-munisipaliteit veroordeel en gesê die party gaan 'n dringende gesprek met haar aanvra. Mokonyane het onder meer gesê dat wit inwoners die Tshwane-metroraad geldelik wurg. |