|
Vrydag, 12 Maart 2010 |
'n Pretoriase skoolmeisie wat Woensdag weens oorinfeksie by die huis gebly het, is met 'n mes doodgesteek, terwyl haar moordenaars ook haar hande afgekap en saam met hulle geneem het.
Die 17-jarige Anika Smit se pa het ná werk op haar naakte liggaam in hulle huis in Theresapark in die noorde van Pretoria afgekom. Volgens 'n polisiewoordvoerder is sy ses keer met 'n mes in die nek gesteek. 'n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om vas te stel of sy verkrag of onsedelik aangerand is. Anika was 'n graad 11-leerling aan die Hoërskool Gerrit Maritz in Pretoria. |