Meningsopname

Word jy geraak deur misdaad?
 
Is die winter kouer as gewoonlik?
 

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
Belastingbetalers wurg Tshwane-metroraad PDF Druk E-pos
Vrydag, 12 Maart 2010
Die premier van Gauteng, Nomvula Mokonyane, sê wit inwoners wat daarop uit is om die Tshwane-metroraad geldelik te wurg, is 'n klomp rassiste.

Sy het aan die media gesê daar is sommige belastingbetalers in Pretoria wat 'n bykomende struikelblok vir Tshwane is en dit is net die wit mense. Mokonyane sê daar word eksklusiewe liggame of verenigings vir wit mense gestig waarmee sy haar nie kan identifiseer nie, of hulle vra AfriForum om 'n aksie te begin. Sy sê dit lyk of daar inwoners in die stad is wat uit beginsel nie deur swart munisipaliteite gelei wil word nie. Die voorsitter van die Pretoria-belastingbetalersvereniging, Salie Vorster, sê die premier is duidelik oningelig. Hy sê daar word hoegenaamd geen dienstegeld deur die vereniging se lede teruggehou nie.

 

 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET