|
Europese parlement eis vrylating van Shalit |
|
|
|
|
Vrydag, 12 Maart 2010 |
|
Europese parlementslede in Strasburg het formeel die onmiddellike vrylating van die gevange Israelse soldaat, Gilad Shalit, geëis.
Hy is byna vier jaar gelede deur lede van die Hamas-beweging gevange geneem. Die Hamas is in 'n resolusie ook versoek om die Internasionale Rooikruis toe te laat om Shalit onverwyld te besoek en hom toe te laat om met sy familie te kommunikeer. Israel is glo bereid om sowat 450 Palestyne in ruil vir Shalit vry te laat. |