|
Sakeman vul self slaggate |
|
|
|
|
Donderdag, 11 Maart 2010 |
‘n Sakeman van Vanderbijlpark in die Vaaldriehoek het ten spyte van dreigemente dat hy gearresteer gaan word begin om slaggate in die teerpad na sy kleinhoewe self op te vul.
Die 54-jarige Pierre Bouwer, wat ‘n lid van die Nasionale Belastingbetalersunie is, het uit radeloosheid met die plaaslike munisipaliteit se swak dienslewering besluit om met die hulp van sy werkers die slaggate in die pad reg te maak. Bouwer sê hy en sy familie ry minstens sewe keer daagliks op die pad en hul lewens is elke keer in gevaar weens die slaggate. |