Meningsopname

Word jy geraak deur misdaad?
 
Is die winter kouer as gewoonlik?
 

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.
SA kabinet waarsku uitbuiters PDF Druk E-pos
Donderdag, 11 Maart 2010
Die kabinet het na sy weeklikse vergadering met moontlike optrede teen sakeondernemings gedreig wat hulle pryse buitensporig voor die Wereldbeker sokkertoernooi verhoog. Regeringswoordvoerder Themba  Maseko het gesê die praktyk moet ten alle koste ontmoedig word omdat dit  daartoe kan lei dat baie sokkerondersteuners nie na Suid-Afrika sal wil kom nie omdat hul uitgawes te hoog is. Die minister van toerisme, Marthinus van Schalkwyk, het reeds gelas dat ‘n studie na die pryskwessie gedoen word. ‘n Verslag sal binnekort aan die kabinet voorgele word waarna moontlike optrede teen gierige ondernemings sal volg. 
 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET