|
Vrystaat loop deur onder slenkdalkoors |
|
|
|
|
Donderdag, 11 Maart 2010 |
|
Slenkdalkoors het baie wyd oor die Vrystaat versprei en verl die Boshof distrik loop erg deur onder die virussiekte.
Daar word vermoed dat die warm weer in die provinsie bydra tot die verspreiding van die siekte onder vee en dit sal aanhou tot dat die wintermaande aanbreek. Benewens Boshof word distrikte soos Frankfort, Bothaville, Bultfontein, Dealesville, Fauresmith en Colesberg ook geraak. Die adjunk-minister van gesondhed, Molefi Sefularo, het bevestig dat sewe mense die slenkdalkoors virus in die Vrystaat en die Noord-Kaap opgedoen het. ‘n Boer is reeds aan die gevreesde virussiekte dood. |