|
Tot die helfde van voedselhulp word verkoop |
|
|
|
|
Donderdag, 11 Maart 2010 |
|
Volgens ‘n verslag van die Verenigde Nasies beland tot ‘n helfte van VN voedselhulp in Somalië in die hande van korrupte kontrakteurs, Islamitiese militantes en plaaslike VN werkers.
Die verslag deur die VN moniteringsgroep in Somalië is in die besonder krities oor die VN se eie Wêreld Voedsel Program en beveel ‘n onafhanklike ondersoek aan. Volgens die verslag word Wêreld Voedsel Program kontrakte aan ‘n paar invloedryke individue toegeken wat kartelle bedryf wat die voedselhulp onwettig verkoop. |