|
Malema se haatspraak lok skerp reaksie uit |
|
|
|
|
Donderdag, 11 Maart 2010 |
|
AfriForum se jeugafdeling beplan om ‘n lys van meer as eenduisend-600 plaasaanvalle vandag by die ANC Jeugliga se kantoor by Luthuli-huis in Johannesburg te oorhandig.
AfriForum Jeug se nasionale voorsitter, Ernst Roets, sê die beweging gaan ook ‘n klag teen die Jeugliga se president Julius Malema by die Gelykheidshof indien oor sy gewraakte “ Skiet die Boer”- lied die week by ‘n studente byeenkoms. Roets sê Malema se uitlating is uiters onverantwoordelik. Hy het gesê AfriForum Jeug gaan die Gelykheidshof vra om Malema te dwing om skadevergoeding aan aan ‘n organisasie te betaal wat die slagoffers van plaasaanvalle bystaan. Die president van Agri SA, Johannes Möller, sê die roekelose uitsprake van Julius Malema hoort nie tuis in 'n samelewing waar onderlinge respek en verdraagsaamheid gerespekteer moet word as vereistes vir nasiebou, stabiliteit en vooruitgang nie. Hy het verwys na die ANC Jeugleier se weergawe van die gewraakte "kill the boer, kill the farmer" slagspreuk wat reeds deur die Menseregtekommissie as haatspraak verklaar is. Möller sê Agri SA verwag van die Menseregtekommissie om die aangeleentheid op te volg en Malema tot verantwoording te roep. Hy sê verder behoort daar wetgewing gepromulgeer te word om haatspraak 'n strafbare oortreding te maak. |