|
Woensdag, 10 Maart 2010 |
|
Die VN sekretaris-generaal Ban Ki-Moon het hom by die Amerikaanse vise-president Joe Biden aangesluit en Israel se goedkeuring vir die bou van eenduisend-600 nuwe huise vir ultra-ortodokse Jode in Oos-Jerusalem veroordeel.
Biden wat in Israel is om die vredesproses tussen Israel en die P alestyne weer aan die gang te probeer kry het gese die optrede ondermyn die vertroue wat nodig is in die proses.Biden sal vandag met die Palestynse president Mahmoed Abbas en die eerste-minister Salam Fayyad samesprekings voer. |