|
Woensdag, 10 Maart 2010 |
|
Die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, Jonathan Jansen, het gewaarsku dat dit sal ‘n fout wees om die ANC Jeugleier Julius Malema as ‘n openbare nar te beskou.
Jansen het aan ‘n nasionale sake inisiatief byeenkoms in Kaapstad gesê dat mense glad nie nie verbaas moet wees as Malema, wat hoog deur pres. Jacob Zuma aangeslaan word, eendag president van Suid-Afrika word nie. Die uitgesproke rektor het die huidige ANC leiers as ongepoets bestempel maar geen name genoem nie. |