|
Greyling dalk vandag terug in SA |
|
|
|
|
Woensdag, 10 Maart 2010 |
|
Nick Greyling, die Suid-Afrikaner wat verlede week in Nigerië ontvoer en gyselaar gehou is, kan vandag met sy familie herenig word nadat hy Maandagaand deur sy Nigeriese ontvoerders vrygelaat is.
Die 48-jarige klankingenieur vir M-Net se Supersport is verlede week in die Nigeriese deelstaat Imo deur ’n groep gewapende mans oppad na die lughawe gyselaar geneem. Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking wou geen kommentaar lewer oor berigte dat ‘n losprys van745-duisend rand vir sy vrylating betaal is. |