|
Dinsdag, 09 Maart 2010 |
Die departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het vandag geweier om enige inligting te verskaf oor of ‘n losprys betaal is vir die vrylating van Nick Greyling wat in Nigerië ontvoer en as gyselaar aangehou is.
Volgens woordvoerder Nomfanelo Kota kan hulle nie sulke besonderhede verskaf nie. Die AFP-nuusagentskap sê volgens ‘n veiligheidsbron in Nigerië is ‘n losprys van 742-duisend rand rand betaal. Greyling, ‘n klankingenieur van M-Net Supersport, is gisteraand deur sy ontvoerders vrygelaat nadat hy ‘n week gelede saam met twee Nigeriese kollegas ontvoer is. |