|
Biden oor moontlike vrede in Midde Ooste |
|
|
|
|
Dinsdag, 09 Maart 2010 |
|
Amerika se vise-president Joe Biden sê daar is weer ‘n gulde geleentheid vir vrede tussen Israel en die Palestyne.
Hy het op ‘n besoek aan die Midde-Ooste die hoop uitgespreek dat ‘n ooreenkoms wat oor onregstreekse samesprekings bereik is, die wantroue wat tussen die twee partye opgebou het, uit die weg sal ruim.Hy het gesê die ooreenkoms oor vier maande se onregstreekse samesprekings is ‘n kans om die vredesproses weer te laat herleef.Kort voor Biden se aankoms in Jerusalem het Israel 112 nuwe huise in die Wesoewer goedgekeur wat gelei het tot ‘n beskuldiging deur die Palestyne dat Israel die samesprekings wil ondermyn. |