|
Irak stempersentasie bevredigend |
|
|
|
|
Dinsdag, 09 Maart 2010 |
|
Die stempersentasie in Sondag se parlementêre verkiesing in Irak was 62-komma-vier.
‘n Senior amptenaar van die onafhanklike verkiesingskommissie, Hamdiyah al-Husseini, het op ‘n nuuskonferensie in Bagdad gesê ‘n hoë stempersentasie is veral in die outonome noordelike Koerdiese streek ondervind met 80-persent van die kiesers in die Dohuk-provinsie wat gestem het. Voorlopige uitslae in die verkiesing waarin die eerste minister, Nuri al-Maliki, sterk teenstand van die voormalige eerste minister, Iyad Allawi, gekry het, word na verwagting vandag verwag. |