Windhoek en Namibië

Hello, you either have JavaScript turned off or an old version of Macromedia's Flash Player. Get the latest flash player.

Meningsopname

Word jy geraak deur misdaad?
 
Is die winter kouer as gewoonlik?
 

Wie is nou aanlyn

Ons het 94 gaste en 1 gebruiker op die webwerf
  • gxpjinkf

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.

Nuus Sindikaat

Uitspraak in taalsaak voorbehou PDF Druk E-pos
Dinsdag, 09 Maart 2010
Die Hooggeregshof in Pretoria het uitspraak voorbehou in ‘n aansoek deur ‘n prokureur van Brits in Noordwes, Cornelius Lourens, wat die regering wil dwing om alle tale in die land gelyk te behandel.

Aansoek is gedoen vir ’n hofbevel om die regering te verplig om nasionale wetgewing in te stel om die gebruik van al elf amptelike tale te reguleer en te monitor. Lourens het gesê soos sake nou staan, moet alle ander inheemse tale terugstaan vir Engels wat amptelik deur regeringsdepartemente gebruik word. AfriForum het in ‘n verklaring sy tevredenheid uitgespreek met die saak oor ‘n nasionale taalbeleid. Die adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, Alana Bailey, sê dit is ʼn waterskeiding-saak wat die toekoms van dienslewering aan Suid-Afrikaners in hulle eie tale tot ʼn groot mate gaan bepaal. Sy sê tans word Engels ten koste van alle ander landstale bevorder word en dit het tot gevolg dat die sprekers van alle ander tale in die land soos tweedeklas burgers behandel word en gedwing word om in Engels te funksioneer, of dienslewering te
ontbeer.

 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET