| Liedjie wat nou speel / pas gespeel het: |
| Franse vloot vang seerowers |
|
|
|
| Maandag, 08 Maart 2010 | |
|
Die Franse vloot het 35 vermeende seerowers aan die kus van Somalië aangekeer. Die operasie word as die suksesvolste bestempel sedert vlootmagte van die Europese Unie die seegebied in 2008 begin patrolleer het. Franse amptenare sê vier basisskepe en ses kleiner bote van die seerowers is sedert Vrydag oorgeneem. Die EU-magte het helikopters gebruik en waarskuwingskote geskiet om die seerowers in hegtenis teneem. |
| < Vorige | Volgende > |
|---|
















