Windhoek en Namibië

Hello, you either have JavaScript turned off or an old version of Macromedia's Flash Player. Get the latest flash player.

Meningsopname

Word jy geraak deur misdaad?
 
Is die winter kouer as gewoonlik?
 

Wie is nou aanlyn

Ons het 69 gaste op die webwerf

Teken aan






Wagwoord vergeet?
Nog nie 'n lid nie? Word nou ene.

Nuus Sindikaat

VF+ kap Mthethwa oor plaasmoorde PDF Druk E-pos
Maandag, 08 Maart 2010
Die Vryheidsfront Plus sê die minister van Polisie, Nathi Mthethwa, se uitlatings by ‘n veiligheidskonferensie van AgriSA dat die polisie plaasmoorde as net gewone misdaad beskou, bevestig dit dat die regering minagtend is teenoor plaasmoorde. Woordvoerder Pieter Groenewald sê die minister en die regering skram van plaasmoorde weg, omdat daar ‘n sterk element van rassisme betrokke is. Hy sê ‘n verslag deur die Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening oor die
ondersoek na die redes van wreedheid van geweldsmisdade is verlede jaar Augustus al voltooi, maar dit word nie deur Mthethwa bekendgemaak nie. Groenewald sê dit is duidelik dat die regering die boere van Suid-Afrika gefaal het.  Die voorsitter van AgriSA se veiligheidskomitee, André Botha, sê die meerderheid plaasaanvalle vind nie weens swak kommunikasie tussen boere en plaaswerkers plaas soos wat die minister van Polisie beweer nie. Navorsing deur AgriSA toon ook dat die indiensneming van buitelanders op plase nie tot plaasaanvalle lei nie. Mthethwa het arbeidskwessies en swak kommunikasie tussen boere en plaaswerkers, asook die gebruik van buitelanders, wat die land sonder dokumente binnekom, as van die grootste probleme op plase uitgelig.
 
< Vorige   Volgende >

Besoek Suid-Afrika:

  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa
  • South Africa

Kopiereg © 2008 - Kosmos 94.1.   Alle regte voorbehou.
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.
Webtuiste en Internet klank stroom deur TsunamiNET