|
Strafdrie wek steeds opspraak |
|
|
|
|
Maandag, 08 Maart 2010 |
Die plaasvervanger-agterspeler van die Waratahs, Kurtley Beale, hou vol dat hy nie doelbewus die bal tydens 'n aangee vorentoe geklap het om te voorkom dat die Sharks 'n wendrie in Saterdag se Super 14-wedstryd in Sydney druk nie.
Die Australiese skeidsregter Paul Marks het Beale met 'n geelkaart gestraf, maar die Sharks se aandrang op 'n strafdrie geïgnoreer. Selfs die eenogige Australiese TV-kommentators was van mening dat die Sharks deur die skeidsregter van 'n oorwinning beroof is. Beale het ook erken dat dit 'n drie sou gewees het as hy nie sy hand by die bal gekry het nie. Die Waratahs het met 25-21 voorgeloop toe Stefan Terblanche die bal na Ryan Kankowski uitgegee het toe Beale dit vorentoe geklap het. |