|
Maandag, 08 Maart 2010 |
|
Zimbabwe se eerste minister, Morgan Tsvangirai, het 'n oproep gedoen dat die land se volgende verkiesing onder die toesig van 'n vredesmag van die Afrika-unie of die Suider-Afrikaanse moet plaasvind.
Hy het op 'n vergadering van MDC-ondersteuners in Chitungwiza gesê sy party wil 'n vredesmag hê vir 'n vry en regverdige verkiesing en dat mense vry kan wees om te gaan stem. Tsvangirai het gesê vredesmaglede van die AU of die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap kan gebruik word. Hy sê ingevolge die Globale Politieke Ooreenkoms in die land, moet die verkiesing binne die volgende 18 tot 24 maande gehou word en die eerste jaar is reeds verby. |