|
Kraaie gaap steeds in die Kaap |
|
|
|
|
Maandag, 08 Maart 2010 |
|
Die Weerdiens het gewaarsku dat hittegolftoestande met uiters hoë temperature vandag in dele van die Wes-, Oos- en Noord-Kaap sal voortduur.
Dié toestande word in die Breederiviervallei, die Klein-Karoo en die westelike en suidelike dele van die Oos-Kaap verwag. Temperature van hoër as 40 grade Celsius word op Oudtshoorn (44), Worcester (43), Riversdal (42), Vredendal (41) en Graaff-Reinet (40 grade) verwag. Warm weer word oor die grootste deel van die land verwag en Ermelo sal vandag die koelste plek wees met 'n temperatuur van 24 grade. |