|
Bafana sukkel teen Namibië |
|
|
|
|
Donderdag, 04 Maart 2010 |
|
Met net meer as drie maande voor die Wêreldbeker-sokkertoernooi, het Suid-Afrika gisteraand 'n teleurstellende vertoning gelewer en met een doel elk teen Namibië gelykop gespeel.
Namibië is in die 109de plek op die wêreldranglys. Die wedstryd is in die nuwe Moses Mabhida-stadion in Durban beslis en Suid-Afrika se gelykmakende doel kon eers sowat 20 minute voor die einde van die wedstryd aangeteken word. Indien die span nie drasties verbeter nie, sal Suid-Afrika se Wêreldbeker Groep A-teenstanders, Mexiko, Uruguay en Frankryk geen slapelose nagte te hê oor hulle wedstryde teen die Bafana Bafana nie. |