|
Maandag, 01 Maart 2010 |
Rusland se president Dmitry Medvedev eis die bedanking van al die verantwoordelike sportbeamptes ná die land se swakste vertoning tot nog toe by 'n Winter Olimpiese Spele.
Volgens die Interfax-nuusagentskap het Medvedev gesê indien die beamptes nie self bedank nie, sal hulle gehelp word om dit te doen. Rusland, wat 2014 se Winter Spele by die Swart See-oord, Sochi, aanbied, het in die pas-afgelope Spele in Vancouver in die elfde plek geëindig met 15 medaljes. Net drie daarvan was goue medaljes |