|
Helen Clark, sê dit moet nog gesien word of Zimbabwe se verkiesing vry en regverdig was. |
|
|
|
|
Maandag, 31 Maart 2008 |
 | Nieu-Seeland se eerste minister, Helen Clark , sê dit moet nog gesien word of Zimbabwe se verkiesing vry en regverdig was. Sy het vanoggend op haar weeklikse nuuskonferensie in Wellington gesê Zimbabwe is steeds besig om die stemme te tel en dit is klaar ‘n bron van kommer. Clark sê met die laaste verkiesing was daar openlike bedrog en die vraag is of die geskiedenis homself nie gaan herhaal nie. |
|